UPDATED February 8, 2009

BY Miles MacDonald

IN Tour d'Afrique

no comments

UPDATED February 8, 2009

BY Miles MacDonald

IN Tour d'Afrique

no comments

Farm camp to Bar Dhar

207

Vandag se trap was nog ons korste dag van die toer sover net 61km van Addis Zemen na Bar Dhar.  Ons het nou ‘n rus dag hier in Bhar Dar reg langs “Lake Tana” wat ‘n goeie ding is want ons het ‘n paar ryers wat nog aan sterk van maag aandoenings en ander peste.  Sover geniet ek Ethiopia baie dit is iets anders ek meen dis nie orals waar jy op ‘n fiets ry en met klippe gegooi word of met stoke geslaan word nie.  

 Die grootste uitdaging is om koel en kalm te bly as die son jou pik, jy teen ‘n berg uit trap teen 6km/h en jy die teiken is vir 10 klein ethiopieers  wat jou bestorm met stokke,klippe, tamaties,suiker riet  of jou somer met ‘n ui agter die kop gooi. Dis regtig ‘n belewenis! Die meeste pret van die dag is om te “duck” en  te “dive” dat hulle jou fiets tref en nie jou lyf nie want party van die klippe is so groot soos tennis balle.  Ons is gelukkig het nog nie enige klip gooi beseerings nie net ‘n paar beseerde fietse wat se speke uit gegooi is.  

 

Tyd gaan so vinnig verby ons is al in die 3de land van die toer en net 6 dae oor van die 2de seksie van die toer.  Om elke dag op te staan en ‘n 100 plus km te ry is nou net deel van die daaglikse roetine.

 

Ek sien baie uit na die res van Ethiopia ek dink dit gaan nog rof raak soos ons verder suid beweeg maar dis hoekom ek hier is vir die uitdaging!

Leave a Comment for "Farm camp to Bar Dhar"

Your Email address will not published. Required fields are marked

REGISTER NOW!